Kleuter van die week ... Rulindi Meissenheimer  Featured

Moomie gesels met Nedine oor hoe oulik Rulindi (2) is.

Rulindi se mylpale:

Op hoeveel maande het sy haar eerste tand gesny? 

Rulindi was agt maande oud toe sy haar eerste tand gekry het. Ons was op ’n vliegtuig op pad terug Suid-Afrika toe vanaf Australië.

Wanneer het sy begin kruip?

Sy het op 10 maande begin kruip.

Hoe oud was Rulindi toe sy begin loop het?

Sy was een jaar en drie weke oud.

Wat was haar eerste woord en hoe oud was sy toe gewees?

Op nege maande het Rulindi haar eerste woord, “mamma,”  gesê.

Wat laat haar lekker lag? 

Sy lag baie lekker wanneer sy gekielike word. Sy geniet dit ook as jy vir haar wegkruip en haar dan skrikmaak.

Waarvan hou sy glad nie? 

Om vuil te word, veral terwyl sy besig is om te eet. 

Beskryf jou dogtertjie in drie woorde. 

Rulindi is ’n spontane kind, baie liefdevol en ’n baie gehoorsame dogtertjie.

Wat is haar gunsteling-speelding? 

Sy is mal oor legkaarte. 

Wat doen sy wat vir jou baie oulik is? 

Sy het baie mooi maniere en sê dankie en asseblief. – Alta van Wyk.

Read 337 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account