file My dogtertjie is vandag Graad 1 toe.

1 year 4 months ago #279122 by Moomie Moderator
My dogtertjie is in 'n nuwe skool waar sy niemand ken nie. Sy het glad nie gehuil nie, ek is so trots op haar. Maar die mamma se hart was baie seer.

Wat was julle mamma's se ervaring met eerste skooldag en veral Graad 1?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

1 year 4 months ago #279132 by Reese25
Ons onderskat partykeer ons kinders se vermoe om aan te pas. Ek kan dink dat jy baie trots was. Ek sou ook gewees het,
My dogtertjie is nou in Graad 2 maar selfs dit was nogals n emosionele oomblik vir my gewees. In Graad 1 het sy die hele eerste kwartaal gesukkel om aan te pas en maatjies te maak. Ek was so bekommerd dat sy hierdie keer ook gaan sukkel.

Sy was vanoggend bietjie senuweeagtig gewees, maar sy het die oulikste juffrou in Graad 2 gekry en haar een maatjie van die vorige klassie is saam haar so ek kon bietjie makliker asemhaal.

Ai, dis partykeer so hartseer om te sien hoe vining die jare verby vlieg. Sy was net nou die dag n klein mensie gewees wat modderkoekies gebak het!

Me: 31
DH: 33
DD1: 7yrs (our beautiful ballerina)
DD2: 3yrs (our little tornado! :-))

BFP - 11DPO - 13/11/2017 - TWINS!!!
Twins due July 2018

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account