5 minute met......Yutamé Venter #moomieceleb Featured

Yutamé Venter, wat in die gewilde sepie, Villa Rosa gespeel het, gesels met Moomie oor ouerskap.

Het jy ‘morning sickness’ gehad gedurende jou swangerskap? En wat is jou raad daarvoor?


"Ek het aan die heel begin, maar die raad wat ek daarvoor gekry het - om Marie biscuits te eet sodra ek wakker word en nog voor ek eers uit die bed uit opstaan, het vir my gehelp. Die gemmer suiglekkers deur die dag het ook gehelp."


Deel met ons jou swangerskap geheim (soos bv. craving vir snaakse goed of huil oor simple goed).


"Ek het in my eerste trimester baie geslaap, was baie vrolik en gelukkig in my tweede trimester, en in my finale trimester het ek vreeslik skoon gemaak en reggepak, hulle noem dit nesting. Ek het maar net elke nuwe ervaring gevat soos dit kom. My craving was definitief mash. Oggend, middag en aand is dit al waarvoor ek lus was om te eet en ek het. Ek het glad nie van vleis gehou nie en wou dit nie sien of ruik nie."


Hoe hanteer jy 'n tantrum van jou kleuter in die publiek?

"Aan die begin het ek grootoog vir hom gekyk en met 'n kwaai stem gesê nee, maar deesdae het ek gevind hoe meer geduld ek met hom het hoe beter, so as ek hom eenkant toe vat en mooi met hom praat en selfs liefde gee dan help dit beter as om dit met 'n negatiewe houding te hanteer."


Watter metode van dissipline werk vir jou kind?

"Ek gebruik 'n behaviour chart waarop hy punte (sterretjies) kry vir sy daaglikse take en gedrag. Aan die einde van die maand kan hy vir hom 'n speelding kies as vergoeding vir sy gedrag. As hy stout is sal ek eers probeer om mooi te kommunikeer, maar dit werk nie altyd nie, daarna begin ek hom straf deur hom te weerhou van goed soos TV kyk of met 'n sekere speelding speel. As hy 'n groot uitbarsting het sal ek hom vra om asb. in sy kamer te gaan sit tot hy beter voel, maar selfs dit hanteer ek baie kalm. Hy weet ook dat wanneer hy beter voel praat ons oor die situasie. Ek sal altyd verduidelik hoekom hy gestraf was en wat hy verkeerd gedoen het en hom 'n positiewe manier gee oor hoe ons die situasie wel kon hanteer. Ek maak seker hy verstaan. Wanneer dit nodig is verwys ek terug na vorige situasies toe en dit help ook."


Jy kleuter se gunstelingkos?

"Keino is 'n goeie eter, maar hy hou baie van vrugte, pasta en hy drink vreeslik baie vloeistof."


Idees vir die kosblikkies.

"'n Vrug, 'n toebroodjie, kasie, yogurt, pakkie chips en 'n koeldrank. Hulle kry gekookte kos by die skool, so hierdie is net om seker te maak hy het genoeg, hy bring gereeld baie van dit terug huis toe alhoewel die koeldrank altyd klaar is."

Hoe hou jy jou kleuter besig oor naweke?

"Keino is mal daaroor om te bak en brou, so ons is gereeld doenig in die kombuis. Hy hou ook daarvan om met klei te speel, verf en knip-en-plak aktiwiteite. Ons kyk ook een keer oor n naweek 'n fliek en ons hou ook gereeld playdates saam my vriendinne en hulle kinders."


Jou gunsteling winkel waar jy jou kind se klere koop?

"Ek koop maar by verskillende winkels, maar meeste van sy klere is van Woolworths af."


Wat het ouerskap jou tot dusver geleer?

Onvoorwaardelike liefde. Ek en Keino is onafskeidbaar en ek kan nie my lewe sonder hom indink nie.

Read 1009 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account