Amore Meyer...Moomie ma van die week. Featured

Amore Meyer (26) is mamma van Arlo Christaan Meyer. Hy is nou vier.

Hoe lank het julle probeer swanger raak?

“Ek het 11 dae na my laaste period swanger geraak terwyl ek nog op voorbehoed was.
Dit was Desember en almal was lekker met vakansie. Ek vermoed ek het die belangrikste dae se pille vergeet. Maar ek is nie een dag spyt nie.”

Vertel bietjie vir ons van jou water wat gebreek het?

“Dit was ’n Woensdagoggend. Op 4 September 2013 om presies te wees. My keiserdatum was oorspronklik eers vir die 19de September. Ek het opgestaan om wasgoed in die masjien te sit en weer gaan terugklim in die bed. My man was nog besig om reg te maak vir werk. Ek het ’n tinkle gevoel. Gedink ek het maar net ’n piepie, maar dit was toe al die tyd my water wat gebreek het. Dit was soos ’n hele dam.”

Hoe het jy geboorte gegee?

“Keiser. Ek is ’n asma-leier en was bang ek raak angsbevange as ek normaal moes kraam.”

Beskryf die gevoel toe jy jou seuntjie vir die eerste keer vashou?

“Ek dink nie daar is genoeg woorde in die wêreld om daardie oomblik te beskryf nie. Dit was net ongelooflik, wow!”

Het jy geborsvoed?

“Ek was nie mal oor die idee nie,maar ek was tog all for breastfeeding. Ek het vir hom daai eerste belangrike melkies gegee en toe na dit ’n borspomp gebruik. Na so ongeveer twee weke het my borsmelk van self opgedroog. Arlo het reflux gehad en is nogal deur ’n rowwe tyd a.g.v. daarvan.”

Noem drie goed wat altyd in jou doekesak is/was?

“Scented nappy sakkies, Sudacreme, en skoon klere.”

Wat is jou opinie oor inentings?

“Daar is so baie opinies oor inentings. Ek voel as jy dit nie doen nie, gee jy al die siektes kans om te versprei. Jy stel my kind in groter gevaar as hy bloot gestel word aan kinders wat nie inentings gekry het nie.”

Wat is jou definisie van terrible two's?

“Ons as ouers moet eintlik net besef dat dit vir die klein lyfies ’n groter frustrasie is, hulle word bietjie meer selfstandiger, maar kan ook nog nie heeltemal kommunikeer nie. Ons as volwassenes raak ook soms gefrustreerd as ons nie die regte term of woorde kry wat ons wil gebruik nie.”

Hoe hou jy jou seuntjie besig op die lang-pad?

“Ons is baie geseënd met ’n kind wat eintlik homself kan besig hou op die lang pad. Beste raad is om jou kind se gunsteling goedjies byderhand te hou en ook heelwat snacks.”

Watse metode van dissipline werk vir jou seuntjie?

“Ons het nou onlangs begin met "sakgeld". As hy nie luister nie en hy raak lelik vat ons geld weg. Wanneer hy gehoorsaam is en hy kla nie kry hy ’n R5. Hy weet wat hy met daardie geld wil koop, so dit motiveer hom ook. Soms kan jy sien hy dink twee keer voor hy kla.”

Wat is ’n ma?

“Sjoe. ’n Ma is jou begin, jou grootste pleister, jou sagste skouer, jou eerste maaitjie en jou biggest fan!”

Read 286 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account