Wen: Wie's jy, mnr Slym? Featured

Drie gelukkige lesers kan elk die boek, Wie's jy, mnr Slym? wen, geskryf deur Zanri Kritzinger.

Wie's jy, mnr Slym?

Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!

Zanri Kritzinger

Zanri Kritzinger het 'n B Com Bemarking en IS Uitgewerstudies-kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy begin haar loopbaan as uitgewer by Via Afrika en sluit in 2012 aan by Oxford (SA), waar sy op projekte vir vroeëkindontwikkeling fokus. Sy woon
tans in Barcelona, Spanje.

Stephen Wallace is 'n bekroonde illustreerder en grafiese kunstenaar. Sy vorige werksopdragte was van verskeie privaat maatskappye en in die uitgewersbedryf het hy vantevore met Macmillan, Via Afrika, OUP en Lapa saamgewerk. Hy is bekroon met 'n ATKV
Woordveertjie vir sy illustrasies in Jaco Jacobs se My ouma is 'n film-ster.

Read 182 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account